Gouritz-nuus‎ > ‎

WESSA kom stap ons roete

posted 21 Sep 2017, 10:18 by Admin Gouritzmond

Op 9 Sept 2017 het Wessa van Eden die 3km staproete op Gouritsmond kom stap. Dit was ‘n groot sukses. Hier was die oggend 69 persone bymekaar.  Drie veldwagters van Fransmanshoek Bewarea het as gidse opgetree.


Mev. Isabel Swart het Mev Gebhardt die voorsitter van Wessa voorgestel en hul welkom geheet. Ds. P.Franzsen het verduidelik hoe en waarom die staproetes ontstaan het. Mnr. Edwin Butler het blomsoorte en waarvoor hul destyds gebruik is, vertoon. Almal het dit terdeë geniet. Baie dankie vir ‘n donasie van R2400.
Comments