Gouritz-nuus‎ > ‎

Seeskilpadjies gered

posted 15 Jun 2016, 13:15 by Admin Gouritzmond
Yskoue seestrome en rowwe seetoestande het seeskilpadjies op strande uitgespoel tussen Tergniet en Gouritsmond vroeg in Meimaand. Daar is 35 van hulle deur verskeie mense gered en word deur plaaslike veearts Frans de Graaff evalueer en behandel. Na aanvanklike behandeling sal hulle na die Two Oceans Akwarium in Kaapstad oorgeplaas word. Sodra hulle sterk en gesond genoeg is, sal hulle dan teruggaan see toe.

(foto van Hartenbos Animal Hospital)
Meer detail en oorspronklike berig by traveller24.news24.com


Comments