Gouritz-nuus‎ > ‎

Plankpad oor duine na rivier

posted 5 Sep 2016, 04:06 by Admin Gouritzmond   [ updated 6 Sep 2016, 00:23 ]
Die beginpunt.

Die plankpad wat deur die Bewaringstrust laat bou is, nader voltooiing. Die pad is gebou deur Rickie Janse van Rensburg en die koste van die kontrak was ongeveer R166 440. Die plankpad verskaf ' n eko-vriendelike wyse om voetgangers by die rivier en strand te kry. Dit is nou ook moontlik vir rolstoel-gebondenes om die prag van die rivier en see van nader te beleef. Enige donasies tot die Bewaringstrust om die kostes te dek, sal hoog waardeer word!





Die dek op die eindpunt.

Trappie op eindpunt.

Comments