Nog 'n kanon van die Franse oorlogskip, die La Fortune, wat in 1763 skipbreuk gely het, is by Fransmanshoek gevind en geberg. Mnr Riekie van Rensburg het in April 2011 te hore gekom van die kanon wat oopgespoel het en die nodige permitte met die hulp van die Diaz-museum bekom. Die kanon is na 248 jaar op droë grond na dit vroeg in Augustus weer oopgespoel het en toe uitgehaal is. Dit is slegs die vierde van die 56 kanonne wat aanboord La Fortune was, wat geberg is. ![]() Dit is by Kanon, wat sy naam van dié kanonne gekry het, waar die ander staan. Hierdie fonds word nou skoongemaak en gaan dan by Fransmanshoek of Vleesbaai geplaas word. [berig hier] |
Gouritz-nuus >