Daar is begin met die bou van 'n verhewe plankpad (Boardwalk) vanuit Riverweg na die strand. Die volgende brief is van die Bewaringstrust hieromtrent ontvang: "Geagte Vriend, Die trustees van die Gouritsrivier Bewaringstrust het, na aanleiding van verskeie versoeke van die publiek, besluit om deel van die staproete, wat deur die Trust ontwikkel is, met 'n plankpad te vervang. Die Trust se motivering vir die besluit was:
Die beste kwotasie beloop byna R162,000. Ons sal dit waardeer indien diegene wat daartoe in staat is 'n bydrae sal maak om die projek te befonds. Enige bedrag sal met groot dank ontvang word en deursigtig aangewend word. Bydraes van R10,000 of meer sal erken word deur die naam van die skenker op die plankpad aan te bring. U ondersteuning om hierdie projek suksesvol af te handel, word waardeer. Gouritsrivier Bewaringstrust (Beskermheer Louis Oosthuizen)" |
Gouritz-nuus >