Hierdie foto's is geneem tydens die amptelike oorhandiging van die Blouvlag aan mnr N Oosthuizen, voorsitter van die Gouritsmond Forum deur mnr A Hansen van die Hessequa Munisipaliteit. Raadslid Prins was ook teenwoordig tydens hierdie geselligheid. Volle blouvlagstatus het beteken dat die geriewe by die swemstrand en getypoel in Gouritsmond opgeknap is en daarvoor is die vakansiegangers en inwoners van Gouritsmond baie dankbaar. Die Blouvlagprogram word gekoordineer deur "Wildlife and Enviroment Society of South Africa" in vennootskap met die Departement Omgewingsake en Toerisme. WESSA se vier hoof vereistes vir Blouvlagstatus is: - Kwaliteit van water - Omgewingsopvoeding en inligting - Omgewingsbestuur - Veiligheid & Diensteverskaffing Blouvlagstatus duur vanaf 4 Desember 2013 tot middel Januarie 2014. Anna-Marie vd Merwe |
Gouritz-nuus >