Sleephelling het weer 'n jetty!

posted 19 Dec 2011 11:45 by Admin Gouritzmond   [ updated 23 Dec 2011 08:08 ]

Op 10 Desember 2011 kon daar na jare weer by 'n jetty aangedoen word, by die sleephelling op Gouritsmond.

Die eerste gebruiker doen aan

Histories was daar twee jetties by die Gouritsmond sleephelling. Een was 'n private jetty van 'n Mnr Maggs en die ander was deur plaaslike inwoners van Gouritsmond gebou. Met die Laingsburgvloed in 1981 het altwee jetties ongelukkig weggespoel. Een is herbou deur die plaaslike raad in 1997, maar is teen ongeveer 2002 weer weggespoel.

In 2005 is die proses om die area by die sleephelling op te gradeer, begin. Hiervoor moes toestemming vanaf die Dept Omgewingsake (Wes Kaap Provinsie) verkry word. Die departement het egter vereis dat die sleephelling eers registreer word, aangesien die sleephelling in 'n sensitiewe area (soutmoeras) geleë is. Na onderhandelinge met die  Munisipaliteit, is die Gouritsrivier Bewaringstrust toe gevra om die aansoek te doen.

Die tydlyn van gebeure was soos volg:
  • 2005 - begin aansoek vir registrasie van sleephelling
  • 4 Oktober 2010 - sleephelling registrasie goedgekeur
  • 2 Des 2011 - toestemming om te herbou toegestaan deur Dept Omgewingsake Weskaap
  • 5 Des 2011 - konstruksie begin
  • 10 Des 2011 - konstruksie voltooi
Wys jou hoe vinnig dinge kan gebeur sodra die burokratiese prosesse afgehandel is!

Grant Blewett en sy span aan die werk

Die befondsing vir die jetty is gedoen deur die Gouritsrivier Bewaringstrust. Die jetty is gebou deur Grant Blewett van Aqua Deck Construction. Gebruikers sal oplet dat die jetty ietwat moeilik is om op te kom met hoogwater. Dit is omdat die lengte deur die Dept beperk is. Die plan wat oorspronklik ingedien is, was nie aanvaarbaar vir die Dept nie en 'n gewysigde plan met ' n verkorte aanloop, is voorgeskryf. 'n Oplossing vir die aanloop sal weldra gevind word.

Nog 'n ou Kanon geberg

posted 17 Aug 2011 00:11 by Admin Gouritzmond

Nog 'n kanon van die Franse oorlogskip, die La Fortune, wat in 1763 skipbreuk gely het, is by Fransmanshoek gevind en geberg.

Mnr Riekie van Rensburg het in April 2011 te hore gekom van die kanon wat oopgespoel het en die nodige permitte met die hulp van die Diaz-museum bekom.

Die kanon is na 248 jaar op droë grond na dit vroeg in Augustus weer oopgespoel het en toe uitgehaal is. Dit is slegs die vierde van die 56 kanonne wat aanboord La Fortune was, wat geberg is.

Kanonne van Kanon
Kanon se kanonne

Dit is by Kanon, wat sy naam van dié kanonne gekry het, waar die ander staan. Hierdie fonds word nou skoongemaak en gaan dan by Fransmanshoek of Vleesbaai geplaas word.

[berig hier]

Voëlvlei loop oor

posted 1 Jul 2011 04:31 by Admin Gouritzmond   [ updated 1 Jul 2011 04:38 ]

Voëlvlei blink in die noorde
Die pragtige Voëlvlei aan die oostekant van die Gouritzrivier, noord van Kanon is op van sy hoogste vlakke ooit. 


Soveel so, dat dit óór die pad gespoel het oppad rivier toe. Die skade aan die pad is darem mooi vinnig herstel.
Voëlvlei vanuit die noorde op die Coopers-pad
Daar kan sekerlik uitgesien word na 'n ware voëlbasaar op die vlei hierdie seisoen!

Die Gouritzrivier kom af!

posted 27 Jun 2011 09:41 by Admin Gouritzmond   [ updated 27 Jun 2011 10:53 ]

Die Gouritz in vloed

Reeds vroeg in Junie is daar voorspellings en waarskuwings uitgereik van wydverspreide en swaar reëns vir die Groot- en Klein Karoo en die Tuinroete.

Die Gouritz stoot diép in die see in

'n Paar dae later, op 10 Junie 2011, het die Gouritzrivier begin loop met 'n 'geleidelike, bestendige vloed' vir 'n hele paar dae. Daar was 'n verbete stryd tussen die see en die river se modderwater, waartydens die rivier vir 'n hele paar dae die botoon gevier het met sy bruin spoor wat diep in die see ingedring het.

Sleephelling na die vloed

Gelukkig is daar hierdie keer nie ernstige skade hier naby die mond ondervind nie. Ons kan ook rapporteer dat die see die uiteindelike stryd weer gewen het!


Skipper gered in riviermond

posted 23 Jun 2011 08:26 by Gustav Franzsen   [ updated 24 Jun 2011 09:41 by Admin Gouritzmond ]

Die volgende artikel kom vanaf die Seereddingsinstituut se webwerf:

Sea Rescue – Mossel Bay – Saturday,  19th February, 2011: Boat capsizes in the Gouritz River Mouth.

At 11h08 NSRI Mossel Bay and Metro EMS were activated following reports of a ski-boat capsized in the Gouritz River Mouth, near Mossel Bay.

Our Mossel Bay Sea Rescue crew responded in our Sea Rescue 4×4 towing the sea rescue boat Vodacom Rescuer IV, to be launched on-scene.   A Metro EMS Ambulance, a Metro EMS Rescue team and the Metro EMS Red Cross AMS helicopter responded.

On arrival on-scene it was confirmed that a local ski-boat, Larona, had capsized in the Gouritz River Mouth in dense fog and rough sea conditions with two men on-board.



One survivor, 45 year old Boetie Zyman, from the Gouritz River area, was found to have been washed onto the beach, with the ski-boat but the skipper was missing.

An extensive air, sea and shoreline search for the skipper, 25 year old Gert Marx, from the Gouritz River area, was launched but was hampered by rough seas and dense fog.

During the search the Red Cross AMS helicopter extended their grid pattern search, after finding no sign of the missing man in the immediate vicinity of where the boat capsized.

While flying near to The Point, about 1 nautical mile out to sea and about 1 nautical mile from where the boat had capsized, the fog lifted to reveal the missing man treading water and waving for help.

The rescue helicopter guided the rescue boat to the casualty and the man, suffering exhaustion, hypothermia and near drowning symptoms, was rescued.

Due to the rough sea conditions it was decided to hoist the casualty by helicopter to shore. The helicopter’s NSRI rescue swimmer was deployed into the sea, and Gert Marx was secured into a rescue harness and they were both hoisted by a static line short-haul to the beach, where they were met by the rescue team.

Metro EMS paramedics treated Gert Marx for near drowning symptoms, hypothermia and for exhaustion and he has been transported to hospital by a Metro EMS ambulance in a stable condition for observation for secondary drowning.

Oorspronklike artikel is hier beskikbaar:
[http://www.nsri.org.za/2011/02/man-rescued-treading-water-1-mile-off-gouritz/]

1-5 of 5