'n Paar besorgde inwoners het toe met onderhandelings begin om die sleephelling oop te hou, aangesien dit een van die hoof aantrekkingskragte van die dorp was. Daar is 'n Loodskomitee gestig onder voorsitterskap van mnr Tjeert Hoekstra (WKNBR) en alle bestaande "NGO's" is genooi om verteenwoordigers te benoem. So is daar dan verteenwoordigers van die Gouritsmond Plaaslike Raad, die Gouritsmond Belastingbetalersvereniging, die Munisipaliteit van Albertinia, die Landbouvereniging van Albertinia, die Voëlvlei Landbouvereniging, die Kommersiële Vissermanne en die Sportvissermanne. Die Gouritsrivier Bewaringstrust:Op aanbeveling van die natuurbewaringsbeamptes is besluit om 'n Trust te stig. Die Gouritsrivier Bewaringstrust is in 1994 gestig met hoofdoelstelling om deel te neem aan Natuurbewaringsbedrywighede, spesifiek:
Meer oor suksesse en frustrasies van die Trust. | Rehabilitasie van soutmoeras langs die Gouritzrivier Verskeie, onoffisiële, onbeplande paaie was besig om baie sensitiewe terrein terrein te vernietig en 'n plan moes gemaak word. Van die paaie wat hulself daartoe geleen het, is geïnkorporeer in die staproete in en om die dorp. Van die ander, soos hierbo, is afgesper met die hoop dat dit kon rehabiliteer word. Alhoewel dit lank geneem het, is die geleidelike herstel van die soutmoeras waar die pad eens geloop het, waarneembaar. SFM-radio onderhoude: Fred Orban en Pieter Franzsen het op SFM oor bewaring in Gouritsmond gepraat: Voorsitter - Koos van Rooijen |
Bewaring
Subpages (1):
suksesse en frustrasies