Kry jou verkyker en voëlboek reg en draai so 9km vanaf Albertinia, op die N2 regs af na Gouritsmond op die R325, want ons gaan voëls kyk.
Gouritsmond en omliggende gebied is ‘n magiese trekpleister vir ‘n wye verskeidenhed van endemiese voëlspesies wat hier in die diverse habitats broei en gedy, ‘n juweel vir die voëlkykers. 'n Voëllys is saamgestel en tans is daar 240 spesies gelys wat in hierdie omgewing gesien is. Hierdie lys is by die plaaslike Toerismekantoor beskikbaar. Die voëllys kan ook hier afgelaai word (pdf van 50KB) Ons is gelukkig dat Voëlvlei hier naby geleë is en die voëls wat daar voorkom, gereeld ook hier gesien word. Kom verken dus gerus die skoonheid van die gevleuelde sierade van Gouritsmond. Die kiewiete
in ons dorp is baie mak en verwag dat ons όm hulle moet ry as hulle
in die straat staan! Neem
ook asseblief spesiale sorg terwyl jy langs die strand stap om nie
enige eiertjies te versteur nie - hulle kan dalk behoort aan die
Swart Tobie (Haematopus
moquini), 'n
hoogs bedreigde spesie (rooi data-lys). Om die waarheid te sê - maak nie saak aan wie die eiertjies behoort nie - dis hoogs onwaarskynlik dat dit aan jou sal behoort, so laat dit liewers in vrede ... :) Ons inligtingskantoor het ‘n groot verskeidenheid voëlliteratuur en ‘n kontrolelys van 240 voëlspesies wat hier voorkom beskikbaar. U is welkom om van hierdie diens gebruik te maak. Die Inligtingskantoor kan gekontak word by gouritsmond@hessequa.net of skakel vir Anna-Marie vd Merwe by 084 618 8025
|